August 4, 2021

Waterlek stroom vir byna twee jaar

KIMBERLEY – ’n Waterlekkasie in die stad wat glo vir byna twee jaar in De Beersstraat stroom, is al meer as 20 keer gerapporteer, maar is nog nie herstel nie.

’n Inwoner van die stad het ’n video van die lekkasie en foto’s van ’n beskadigde lamppaal en dreine sonder deksels aan FiND iT gestuur.

Dit is glo vier maande gelede gerapporteer terwyl die lekkasie al vir bykans twee jaar lek, sê sy. 

Sy hoop die Sol Plaatje-munisipaliteit kan die lekkasie teen die einde van die week herstel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *