Vrou se liggaam gevind na voertuig by krans afry

Deel hierdie storie / Share this story

HEROLDSBAAI – Die liggaam van ’n vrou in haar vyftigs is uit die see gehaal nadat haar rooi Chevrolet Spark Dinsdagaand by die Voëlklip-krans in Haroldsbaai afgery en in die see beland het.

Volgens ’n berig deur die George Herald is die identiteit van die oorledene nog nie bekend gemaak nie.

Lees ons vorige berig, Nog ‘n Voëlklip-tragedie na voertuig by krans afry.