Polisie vier dag vir gestremdes

KIMBERLEY – Die Noord-Kaapse polisie het die nasionale dag vir gestremdes met ’n Nappy Run op 3 Desember by die Helen Bishop-ortopediese nasorghuis gevier.

Lt.-kol. Danny Eiman, adjunk provinsiale verteenwoordiger van persone met gestremdhede in die polisie, sê die Nappy Run is sedert 2011 ’n jaarlikse instelling. 

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die vieringe was hierdie jaar gekomineer met ’n Nappy Run. 

Polisiebeamptes het van regoor die provinsie gekom om dit by te woon. Ramatseba het honderde pakke weggooidoeke wat deur die beamptes geskenk is, aan die nasorghuis oorhandig.

Die kinders het musiek deur die polisieorkes geniet, sê hy. 

Ramatseba het namens die provinsiale kommissaris elkeen van die beamptes vir hul bydrae bedank.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: