“Verkragting van seuns traumaties” – na Willem Breytenbach in hegtenis geneem is

Willem Breytenbach Foto: Instagram

Só vra Mike Bolhuis, van Specialised Security Services.

Bolhuis sê verkragting ken nie kleur, geslag, ouderdom of godsdiens nie. “Dit bly ’n onmenslike daad.”

Bolhuis het hom sterk teen seksuele aanranding van seuns en jong mans uitgespreek, nadat Willem Breytenbach op aanklagte van seksuele aanranding vandag in hegtenis geneem is.

Hy het gevra dat alle mans wat moontlik deur Breytenbach seksueel mishandel is, hom kontak.

“Die gemeenskap het streng idees van hoe mans moet optree. Maar wanneer mans die slagoffers van seksuele misdade is, wil dit voorkom of mense dit nie glo nie. Dit kan nie met mans gebeur nie. Mans word as sterk voorgestel,” verduidelik Bolhuis.

Hy sê mans word soms geblameer dat hulle die oorsaak is van ’n verkragting en word sleg hanteer.

“Mans is baie weerloos wanneer so iets gebeur. Dit kan lei tot selfmoord-gedagtes, depressie, angstigheid en skuldgevoelens. Dit kan druk sit op enige toekomstige verhoudinge wat die man moontlik mag hê.”

Breytenbach, ’n sakeman, oudonderwyser van die Hoërskool Grey College in Bloemfontein, asook voormalige Media24-werknemer, is op Hartenbos in hegtenis geneem.

Die polisie het drie strafregtelike sake teen hom geopen. Al drie sake hou verband met beweerde seksuele aanranding.

Die beweerde seksuele aanranding het aan die lig gekom tydens ’n podsending van Deon Wiggett, ’n kopieskrywer van Johannesburg. Die podsendings is oor vier weke uitgesaai en Wiggett praat daarin oor ’n man wat hom in sy “mond verkrag” het. Wiggett is een van die klaers in een van die strafregtelike sake.

Kontak Vince Harris, hoof van die S.S.S-taakspan by 082 673 1830 of [email protected] as jy kan help met die ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *