Mielies moet gesaai word ten spyte van droogte

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Nomandla Bloem, LUR van Landbou, het amptelik die mielieplantseisoen aangekondig ten spyte van die voortslepende droogte.

Bloem hoop die laaste mielies word teen Versoeningsdag op 16 Desember gesaai en is gereed om te spruit.

Nasionaal word verwag dat 13 miljoen ton mielies, waarvan die provinsie ’n bydrae moet maak, gelewer moet word.

“Ons sal dit slegs kan lewer indien ons gunstige weerstoestande en gunstige voorspellings ontvang,” sê Bloem.