Sterk wind ruk stad

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Sterk wind word op die oomblik hier in die stad ondervind.

’n Temperatuur van 39°C en ‘n wind van 37.04 km/h word aangedui.

Riaan Janse van Vuuren van die Kimberley-brandweer het vroeër vanoggend gesê hoë temperature en sterk wind word vandag hier verwag. Die publiek word gemaan teen die maak van oop vure.