Hitsige 53.2°C in Vioolsdrif aangeteken – hoogste nog in Afrika

VIOOLSDRIF – Die hoogste temperatuur nog van 53.2°C is Vrydag in die nedersetting op die Oranje-rivier in Namakwaland aangeteken.

Mbavhi Maliage, ’n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse weerdiens, het aan TimesLIVE gesê Vioolsdrif het eerste die rekord vir die hoogste temperatuur in 1995 gestel toe die kwik daar 46.2°C oorskry het. 

Met die hittegolf wat die land verlede week getref het, het hulle ’n nuwe rekord van 50.1°C op Vrydag en 53.2°C vir Saterdag aangeteken.

Volgens Planet Earth en Storm Report SA is die temperatuur wat by die Vioolsdrif-weerstasie aangeteken is, nou die hoogste wat nog in die moderne tyd op enige plek in Afrika aangeteken is.

Tunisië het die vorige rekord vir 55°C in 1931 gehou, maar weens die feit dat die instrumentasie nie volgens internasionale standaarde gekalibreer was nie, kon die lesing nie vertrou word nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: