Water lek byna ’n week – water af die naweek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY –  ’n Gerapporteerde lekkasie stroom sedert Maandag onhersteld in die stad terwyl die water vanaf Saterdagmiddag afgeskakel gaan word.

Nico Pieters, ’n inwoner van Kimberley, het glo Maandag die lekkasie met verwysingsnommer 220420 aan die Sol Plaatje-munisipaliteit gerapporteer.

Hy volg dit daagliks op, maar niemand van die munisipaliteit het al uitgekom om dit te herstel nie, sê hy. Lees ons vorige berig, Water gaan die naweek af.