KIMBERLEY – Die Suid-Afrikaans weerdiens het vir vandag gevaarlike weerstoestande vir die aanhitsing van veldbrande in die Noord-Kaap gebied aangekondig.
Riaan Janse van Vuuren van die brandweer sê 100 brandbestryders in 45 voertuie het ongeveer 100 000 liter water gebruik om die brand wat oor 6000 hektaar verwoesting gesaai het onder beheer te bring.
Niemand is ernstig beseer nie en ’n klein aantal diere het gevrek. Geen gebou is beskadig nie, maar van die voertuie het skade aan bande opgedoen, sê Janse van Vuuren.
Wees paraat – donderstorms word verwag
Temperature van 40°C en die moontlikheid van donderstorms word hier verwag.
Die publiek word gemaan teen die maak van oop vure. Janse van Vuuren het die lede van die publiek wat bystand gebied het tydens die brand, bedank.




