KIMBERLEY – ’n Man is beseer nadat ’n minibustaxi en motor in Du Toitspanstraat naby Madeira Liquors in ’n ongeluk betrokke was.
Werkers by ‘n nabygeleë besigheid sê hulle het ’n reuseslag gehoor toe die ongeluk plaasgevind het.
Die motor het teen ’n lamppaal gebots terwyl die taxi in die aankomende baan beland het.
Nooddienste het ’n man op die toneel in ’n ambulans behandel.
Een baan in die rigting van die middestad is versper.






