Die helikopter wat net buite 3SAi geval het, behoort glo aan Peter Hohne, van Ekapa Mining.
Peter was glo self die vlieënier en is saam met nog twee insittendes na die Gariep Medi Clinic gebring.
‘n Omstander op die toneel het gesê die helikopter het net uit die lug uit geval. “Die persoon wat dit gevlieg het moes sy storie ken. Dit lyk of hy dit mooi kon neersit.”



