Jong man gevonnis vir verkragting en diefstal

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n 23-Jarige man in Galeshewe is in die Galeshewe-streekhof tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis vir verkragting en diefstal.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê gedurende die aand van 27 November 2017 het ’n 28-jarige vroulike slagoffer wakker geword waar sy by haar vriendin se huis geslaap het. “Sy is verkrag deur die beskuldigde wat daarin geslaag het om met haar handsak en ander waardevolle goedere te vlug.

“Kaelo Seocoareng, die beskuldigde, is op 28 November 2017 in hegtenis geneem en het op 30 Desember 2017 sy eerste verskyning in die hof gemaak. Hy is hier skuldig bevind op aanklag van verkragting en diefstal en is tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis.”