Departementshoofde glo vir bedrog in hof

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die voormalige uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse agentskap vir staatsveiligheid, die voormalige departementshoof van sport, kuns en kultuur en die voormalige departementshoof van landbou (Trifecta-ondernemings) gaan na verwagting in die Kimberley-streekhof weens bedrog en die oortreding van die publieke finansiële bestuurwet (Public Financial Management Act), verskyn.

Kontrakte

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê die Trifecta-groep het na bewering in Maart 2006 kontrakte gekry deur invloedryke regeringsamptenare. “Die maatskappy het koerse verhoog en buitengewone hoë tariewe gehef op ’n perseel wat hulle aan staatsdepartemente verhuur het.

“Omkoopgeld is glo betaal om te verseker dat die maandelikse huurgeld betyds betaal word sonder die behoorlike fakture en om alle foute in die gebou te onderdruk.”

Dagvaardiging

Mnisi sê dagvaardingingsbriewe is onderskeidelik Maandag en Dinsdag aan die verdagtes oorhandig. “Hulle moet op 11 Desember 2019 in die Kimberley-streekhof verskyn.

Miljoene

“Die waarde van hierdie kontrakte wat ondersoek word, is ongeveer R700 miljoen,” sê Mnisi.