KIMBERLEY. – Hierdie week gaan Kimberley baie hoë weertemperature ervaar.
Riaan Janse van Vuuren, van die brandweer hier, sê die brandgevaarindeks is buitengewoon hoog.
Albert Hensberg, bestuurder van ER24, sê die temperature word volgens indekse gemeet.
Hier is die indekse:
Baie ongemaklik: 90-100
Uiters ongemaklik: 100-110
Gevaar vir gesondheid: 110+
“Ons het die drempel van 106 bereik. Inwoners moet asseblief elke halfuur minstens 500 mℓ koue water dink indien daar buite gewerk word.”
Kimberley se huidige temperatuur is 37° C.



