KIMBERLEY – Die Barolong-stam het die Noord-Kaapse provinsiale regering om erkenning gevra nadat hulle probleme met dienslewering ondervind het.
Tebogo Ntlhaile, ’n verteenwoordiger van dié stam, het ’n petisie by die Noord-Kaapse wetgewer ingedien.
Die petisie is vanoggend deur lede van die wetgewer bespreek.
Lesole Dichaba, voorsitter, het aanbeveel dat die twee premiers van die Noord-Kaap en Noord-Wes saam met die LUR’s van Coghsta moet werk om op ’n tyd teen wanneer die kwessie afgehandel moet wees, te besluit.



