NASIONAAL. – Leerders regoor die land het hierdie week hulle skooltasse eenkant toe gestoot en maak reg vir die matriekvakansie en die res van hulle lewe wat voor hulle lê.
Van Hoërskool Adamantia in Kimberley se gr. 12’s het gister na hulle laaste eksamenvraestel en ter afsluiting van hulle skoolloopbaan hulle skoolklere en –skoene aan die skool se klerewinkel geskenk.
Matriekleerders van die Hoër Landbouskool in Jacobsdal het hulle skoolskoene geskenk.
Volgens IOL het die leerders van Hoërskool Langenhoven in Pretoria ook sakke vol klere aan minderbevoorregte skoolleerders geskenk.
Wat het julle op julle laaste skooldag gedoen?





