Veldbrand breek uit by Langberg-gasteplaas

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die brandweer doen beroep op enigeen vir bystand om die veldbrand wat hier uitgebreek het te blus.

’n Veldbrand het aan beide kante van die N12 ongeveer 15 km buite Kimberley by Langberg-gasteplaas uitgebreek. 

Brandbestryders is in die veld en swoeg om die vuur te blus. Rook skep ’n gevaar vir motoriste. Wees versigtig en sit jou hoofligte aan indien jy deur die gebied ry. 

Riaan van Vuuren, woordvoerder by die Kimberley-brandweer, sê die brandweer en plaaseienaars is nog op die toneel, maar nog bystand word benodig om die brande te bestry.

’n Gevaar vir veldbrande word tans deur die Suid Afrikaanse weerdiens vir die groter Noord-Kaap-gebied aangedui. Die brandgevaar-indeks dui tans oranje hier aan.