Premier in ongeluk, ongedeerd

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, het onverstoord voortgegaan met sy verantwoordelikhede as premier na vanoggend se ongeluk in die stad.

Bronwyn Thomas-Abrahams, woordvoerder by die premierskantoor, het bevestig die premier was omstreeks 10:30 vanoggend in ’n motorongeluk by die robot by Silson- en Schmidtsdriftstraat in Riviera betrokke. 

Niemand is ernstig beseer nie. Twee pasiënte is na ’n plaaslike hospitaal geneem. 

Thomas-Abrahams sê Saul het personeel gestuur om seker te maak na die pasiënte word omgesien en hulle kry die nodige mediese behandeling. 

Saul wens hulle ’n vinnige herstel toe.