August 4, 2021

Toutrek tussen Ford F150 en Tesla Cybertruck – wie wen?

INTERNASIONAAL – Tesla het hulle nuutste elektriese voertuig, ’n bakkie genaamd Cybertruck, teen die Ford F150 in ’n toutrekkompetisie uitgedaag.

Elon Musk, die hoof uitvoerende beampte van Tesla, het die video op sy Twitter-profiel gedeel. Musk het die video geplaas met die titel: “Cybertruck trek F150 heuwel op.” 

Die video is die eerste keer by die onthulling van die nuwe bakkie ten toon gestel. Dit is sedertdien 12 miljoen keer gekyk.

Sundeep Madra, adjunkpresident van Ford, het egter vir Musk uitgedaag tot ’n tweede rondte.

Volgens Teslarati, ’n aanlyn tydskrif, was sommige kykers skepties oor die model F150 wat vir die toets gebruik is.

Neil deGrasse Tyson, ’n bekende astrofisikus, sê elektriese voertuie is bekend om oor albei asse baie swaar te wees. Dit gaan alles oor die gewig wat gedra word. Dit is die bron van die voertuig se vermoë om vas te trap, nie die enjinkrag nie, verduidelik Tyson.

Elektriese motors het ook baie wringkrag, antwoord Musk vir Tyson. “As albei vragmotors tot die maksimum gelaai is, wen elektrisiteit steeds. Fisika is die wet. Als ander is ‘n aanbeveling.”

Onthulling van die Cybertruck

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *