Premier in motorongeluk betrokke

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zamani Saul, die Noord-Kaapse premier, was nounet in ‘n ongeluk voor die Riviera Spar betrokke.

Luidens sy woordvoerder het hy nie beserings opgedoen nie. “Ek sal hom graag net eers self wil sien om seker te maak hy is ongedeerd,” sê Bronwyn Thomas-Abrahams.

Die Audi waarin die premier gery het, het teen ‘n Ford Ranger gebots.

André Joemat, van ER24, sê niemand is ernstig beseer nie.

Wees asseblief versigtig indien jy in daardie rigting ry.