KIMBERLEY – Kimberley Ekapa-myn (KEM-JV) het met groot hartseer vandag bewus geword van die afsterwe van ’n kollega en vriend.
Luidens ’n persverklaring deur die myn was Francois du Preez (39), ’n skagvoorman by die “Joint Shaft” van KEM-JV in Kimberley, ‘n ervare lid van die myngemeenskap. Volgens Howard Marsden, hoofbestuurder van KEM-JV, was Du Preeze ’n gerespekteerde leier en kollega.
“My hart gaan uit na Francois se geliefdes,” sê Marsden.
Jahn Hohne, uitvoerende hoof van Ekapa Minerals sê: “Namens Ekapa gaan ons innige meegevoel en simpatie aan die Du Preez-familie, geliefdes, vriende en kollegas.”



