August 4, 2021

Polisie se provinsiale soek-en reddingspan gee wenke vir waterveiligheid

Die polisie se provinsiale soek-en-reddingspan het hul water- en veiligheidsveldtog by die Christian Brothers College (CBC) in Kimberley op 25 November 2019 begin. Die komponent beplan om verskeie skole en gemeenskappe in en om die Noord-Kaap te besoek, nou dat die warmste seisoen aanbreek het. Kapt. John Seeley en die span het in die koel waters by die binnenshuise swembad van die CBC geklim om waterveiligheidstegnieke te wys en te demonstreer om tydens verdrinkingsvoorvalle toe te pas. Die leerders het praktiese oefening gekry oor hoe om tydens ‘n verdrinking te reageer.

Die polisie se soek-en-reddingspan het gemeenskapsleiers en ouers versoek om ekstra veiligheidsmaatreëls te tref om die veiligheid van hul gesinne te verseker tydens swem of tydens ontspanningsaktiwiteite.

Voorsorgmaatreëls vir waterveiligheid

  • Toesig alleen is nie genoeg nie. Ouers moet kinders opvoed oor die gevare en veiligheid in en om watergebiede.
  • Kinders moet altyd onder toesig van die ouers wees as hulle naby waterareas gaan.
  • Moet nooit langs die rand van kanale, damme, riviere en moerasse loop nie.
  • Maak swembadjies, waterhouers en kanne na gebruik leeg, want kinders kan in die versoeking kom om in die water te speel.
  • Moet nooit in die water spring om iemand te red as jy nie weet hoe om te swem nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *