Nege tieners vir seun (16) se moord gevang

Deel hierdie storie / Share this story

WELKOM – Nege tieners tussen 16 en 19 is vir die moord van ’n 16-jarige seun hier in hegtenis geneem.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die arrestasie volg na ‘n bakleiery toe ’n groep seuns van die G- en Moeletsi-koshuis ’n seun van die A-koshuis verlede Woensdag omstreeks 19:00 in Constantiastraat aangeval het.

Ayabonga Nomana, ’n 16-jarige seun, het beswyk aan beserings wat hy tydens die voorval opgedoen het.

Die polisie het beslag gelê op verskeie gevaarlike wapens, onder andere stokke en sambokke.

Mbambo sê geeneen van die seuns is in ’n bende nie. Die motief vir die geveg is nog onbekend. 

Die ondersoek duur voort.