September 27, 2021

ALERT: Isuzu-bakkie steeds soek

DOUGLAS. – Die wit Isuzu-bakkie, wat Donderdagaand hier gesteel is, is nog soek.

Vier boerboele is glo vergiftig om hierdie misdaad te kon pleeg.

Hierdie bakkie se registrasienommer is CGS 070 NC.

Lisa Esterhuyse, die eienaar van die bakkie, sê sy is onseker presies hoe laat die bakkie gesteel is. “My man het 04:45 daardie oggend buitentoe gegaan, toe was die bakkie reeds weg en twee van ons boerboele reeds dood.”

Sy sê die ander twee boerboele, wat by die veearts was, kom vanmiddag huis toe.

“Die polisie is besig om op leidrade op te volg oor ons bakkie en ek hoop regtig ons kan die bakkie terugkry.”

Hannes Esterhuyse, Lisa se man, sê hy is ongelooflik hartseer oor hulle honde wat vergiftig moes word sodat die diewe die bakkie kon kry.

Indien enigiemand hierdie bakkie sien, kontak asseblief vir Lisa by 079 862 9279 of vir Hannes by 076 465 3550.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *