SABAH – Die Sumatraanse renoster in Maleisië het uitgesterf nadat die laaste renoster in die land aan kanker beswyk het.
Volgens die departement van natuurbewaring is die renoster, genaamd Iman, Saterdag in die oostelike deel van Sabah op die eiland Borneo aan natuurlike oorsake dood. Iman het baarmoedergewasse sedert haar opname in Maart 2014 gehad.
Augustine Tuuga, direkteur van die departement, het in ‘n verklaring gesê dat Iman, wat na bewering 25 jaar oud was, ernstige pyn gehad het as gevolg die gewasse op haar blaas, maar haar dood het vroeër gekom as wat hulle verwag het.
Hierdie sterfte is ses maande na die dood van die enigste manlike renoster in Sabah. Pogings om met hulle te teel was nutteloos, maar owerhede het selle geberg vir moontlike voortplanting in die toekoms.





