Vrou in hegtenis vir moord op kêrel

Deel hierdie storie / Share this story

DE AAR. – ’n 39-Jarige vrou is hier in hegtenis geneem vir die moord op haar 42-jarige kêrel.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die liggaam van ’n man is gisteroggend, omstreeks, 01:30, langs Moerbiestraat in Kareeville, Sunrise, gevind. “Die man is op die toneel dood verklaar. Die voorlopige ondersoek het na die 39-jarige gewys en is sy in hegtenis geneem.

“Die motief is nog nie vasgestel nie.”

Ramatseba sê die verdagte sal na verwagting môre in die De Aar-landdroshof verskyn.