KURUMAN. – Drie buitelandse burgers, in hulle vroeë dertigs, is Vrydagaand in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie, 72 geseëlde bottels ARV-tablette en ’n bottel chemikalieë wat vermoedelik gebruik word om dwelms te vervaardig.
Die mans is omstreeks 20:35 in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die drie mans is in ’n huis in Maruping Village naby Kuruman in hegtenis geneem ná ’n misdaadintelligensie-operasie.
“Volgens inligting was hierdie drie mans van plan om ’n rooftog uit te voer. Hulle sal binnekort voor die plaaslike landdroshof verskyn.”




