HARTSWATER. – Die Hartswater-polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help met die identifisering van ’n man wie se liggaam in ‘n kanaal hier gevind is.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die lyk van ’n man, tussen die ouderdom van 20 en 30 jaar oud, is Woensdagoggend 21 November 2019 in die kanaal by Magogong gevind. “Hy het ’n Cash Build-hemp aangehad, pers-en wit-Olympic-skoene en ‘n liggroen jean. Hy is donker van gelaatskleur en is tussen 1,68 m en 1,70 m lank.”
Ramatseba se enigiemand wat inligting het, kan sers. Godiamang Pico, die ondersoekbeampte, by 071 287 4639 kontak.



