Springbok-kaptein neem skolier na toekenningsaand

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, het ‘n spesiale gas saamgeneem na die BrightRock Players Choice Awards-toekenningsaand wat in Hyde Park in Johannesburg gehou is.

Lebo Mogoma, ’n 15-jarige leerder aan Helpmekaar-kollege in Johannesburg, het die harte van Suid-Afrikaners gesteel toe sy rugbyheld, Kolisi, sy tokse geteken het tydens die Bokke se toer deur Suid-Afrika.

Mogoma het Kolisi vergesel toe hy Cheslin Kolbe se toekenning vir die agterlynspeler van die jaar aanvaar het.