Lt.-kol. Marius van Wyk (42), bevelvoerder van 10 Lugvaartregiment, gesels met FiND iT oor wie hy is en hoe hy sy troepe inspireer.
As die tweede oudste van vier kinders en die enigste seun, is Van Wyk op ’n pragtige Bolandse dorp, Ceres, gebore. Hy het saam met sy susters en ouers, ant Sankies en oom Jan, op ’n plaas, Theewaterskloof, op Villiersdorp grootgeword.
Mandela, sy inspirasie
Van Wyk vertel Nelson Mandela is sy inspirasie en die rede hoekom hy by die weermag aangesluit het. In 1994, met Mandela se eerste besoek aan Genadendal, het sy Oryx-helikopter van die lugmag op die rugbyveld van die skool Emil Weder SSS geland. Die gevoelens en emosies wat deur sy hele lyf gegaan het terwyl hy na die oorweldigende geluid van die helikopter luister en die krag wat die helikopterlemme gemaak het, het dit hom laat besef dat sy roeping in die lewe was om sy land en sy mense te dien en hy wou in die weermag dien. Toe Mandela uit die vliegtuig klim en hulle groet, waar die leerlinge van die skool ’n erewag van die helikopter af gevorm. Dit is daar tydens daardie oomblik waar hy die kontrak tussen homself en sy land in sy hart onderteken.
Weermag na matriek
Van Wyk het na matriek in 1995 by die weermag op die 10de Januarie 1996 in Heidelberg Gauteng aangekom. “Ek het my militêre opleiding by Heidelberg-gimnasium as ’n junior leier begin en is weer na 10 Lugvaartregiment Kimberley in Desember 1996 as offisier (tweede luitenant), in opdrag van president Nelson Mandela, gestuur, ” sê Van Wyk.
Hy het verskillende kursusse en opleiding ontvang en het verskillende range as offisier in die lugvaartregiment verower terwyl hy onder verskillende bevelvoerders gedien het.
Grootste doel bereik
Van Wyk vertel sy grootste doel het waar geword in Mei 2017. “Ek is aangestel as bevelvoerder van die 10 Lugvaartregiment in Kimberley, waar ek nog steeds dien.”
Familie
Van Wyk is op 16 Desember 2000 met Carmenita van Wyk getroud en is geseën met vier kinders. Bevin, die oudste seun, is vanjaar getroud en dien in die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdienste. Byron is tuis by sy ouers. Maureeze, die oudste dogter, is vanjaar in matriek en die laaste dogter, Carmichelle, is vanjaar in graad 7.
Hoe inspireer hy sy troepe?
As bevelvoerder baseer hy homself by die volgende basiese beginsels: eerlikheid, verantwoordelikheid, aanspreeklikheid en geregtelikheid. Hy lei homself verder as ’n beampte deur die gedragskode vir uniformlede in die SANW, oorlogsreëls vir uniformlede, sowel as die geloofsbelydenis van ’n offisier. “Dit is hoe ek die mans en vrouens motiveer wat onder my dien deur hierdie beginsels in hul daaglikse optrede as soldate in te bou en vas te lê.” Verder herinner hy hulle daaraan dat die weermag nie ’n werk is nie; dit is ’n manier van leef en dat hulle vir ’n doel moet werk, oen nie vir applous, hulleself moet uitdruk, nie wil beïndruk nie, nie te streef dat hulle teenwoordigheid opgemerk word nie, eerder dat hul afwesigheid gevoel moet word! Verder glo hy dat kommunikasie die hoeksteen van gehegtheid is,’n ingeligte soldaat is ‘n soldaat wat gereed is!



