Man deur boomslang gebyt – dit gaan baie goed

Deel hierdie storie / Share this story

Petrus Meyer (46), wat gistermiddag deur ’n boomslag gebyt is, is nogsteeds in Gariep Medi-Clinic se intensiewe eenheid.

Agnes, Petrus se vrou, het vanoggend aan FiND iT gesê dit gaan baie goed met hom. “Hulle trek nie meer bloed nie. Sy bloeddruk is nog bietjie laag, so hulle hou hom in ICU tot sy bloeddruk gestabiliseer is.”

Mense op sosiale media het Petrus sterkte toegewens en hoop vir sy spoedige herstel.