Dogter (12) op Koffiefontein verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

KOFFIEFONTEIN – ’n 53-Jarige man van Koffiefontein is op aanklag van verkragting van ’n 12-jarige dogter in hegtenis geneem.

Volgens ’n berig deur OFM sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, die dogter het na bewering voor die voorval by die beskuldigde se huis geslaap terwyl hy en sy vrou buite gesit en drink het.

Luidens die inligting het die vrou glo die beskuldigde kaal in die kamer gekry en hom aangeval.

Makhele sê die verkragting is eers op die Sondag by die polisie gerapporteer.

Leerders van die slagoffer se skool het in ‘n optog teen die verkragting na die Koffiefontein-landdroshof marsjeer waar die beskuldigde vandag op die aanklag voorgekom het.

Die ondersoek duur voort.