Tref-en-trap – opsoek na rooi Jeep Cherokee

Deel hierdie storie / Share this story

Arno van Vuuren was Saterdagoggend omstreeks 02:00 ’n slagoffer van ’n tref-en-trap. ’n Rooi Jeep Cherokee het na bewering vir Van Vuuren van sy motorfiets in Quinnstraat afgery.

Van Vuuren se motorfiets het die voertuig aan die linkerkant voor getref. Hy was bewusteloos na die ongeluk en kon nie die voertuig se registrasienommer neem nie. Die Jeep het na bewering van die toneel weggejaag.

Van Vuuren is ook op die toneel van sy beursie en sy selfoon beroof.

Die eienaar van die Jeep is nog nie opgespoor nie en Van Vuuren vra dat enigiemand met inligting vorendag sal kom.  

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê ’n saak van diefstal is op 18 November 2019 geopen en die polisie is in die proses om ander aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, versuim om by ’n ongelukstoneel te stop en nie beserings op ’n ongelukstoneel vas te stel nie, by te voeg. “Die ondersoek duur voort.”

Indien jy enige moontlike inligting het oor die ongeluk of die eienaar van die Jeep, stuur ’n e-pos aan [email protected].