Opgeknapte huis word aan Credo Mutwa oorhandig

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Nathi Mthethwa, minister van die departement van sport, kuns en kultuur, gaan Vrydag ’n spesiale besoek aan Vusamazulu Credo Mutwa in Magojaneng op Kuruman bring as deel van die Living Human Treasure Project.

Conrad Fortune, woordvoerder vir die departement, sê die doel van hierdie besoek is om hulde te bring aan Mutwa, ’n skrywer en kunstenaar en om sy nalatenskap te vier.

“Tydens hierdie besoek sal die minister ook ’n opgeknapte huis aan Mutwa oorhandig. Na sy besoek aan die nuutgeboude Credo Mutwa-museum en biblioteek in 2017, is dit onder sy aandag gebring dat Mutwa se huis in ’n slegte toestand was as gevolg van sy huidige gesondheidstoestand. Die minster het ’n verbintenis aangegaan om die huis op te knap.”