Plaaseienaar vir moord aangekla

Willem Daniel Ackermann.

GROBLERSDAL – Willem Daniel Ackermann is naby Roossenekal in hegtenis geneem nadat hy ’n man in sy voertuig op ’n plaas betrap en doodgeskiet het.

Volgens die Middelburg Observer het Ackerman glo ‘n lig binne sy Honda CRV-voertuig, wat op sy perseel geparkeer was, gesien. Hy het nader gegaan en ‘n verdagte man binne die motor gesien.

Volgens Markus Basson, wat vir vyf jaar die voorsitter van die Plaasveiligheidsforum vir Roossenekal was, het Ackermann die verdagte gevra wie hy is en wat hy daar soek.

Volgens die polisie het die verdagte uit die voertuig geklim en na Ackermann beweeg.

Vyf skote is in totaal gevuur en die verdagte is deur die nooddienste op die toneel dood verklaar. 

Volgens Basson is ’n mes op die toneel gekry.

Ackermann is op die aanklag van moord in hegetenis geneem en het reeds voor die Groblersdal-landdroshof verskyn.

Die saak is tot ’n latere datum uitgestel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *