SUID-AFRIKA – Volgens die jongste misdaadsyfers haal Kimberley die top tien vir die hoogste algemene diefstalsyfers in die land.
Die stad is negende in die land gelys en is voor Parow en kort op die hakke van Bloemfontein vir algemene diefstal met 422 voorvalle wat hier in 2019 aangeteken is. Johannesburg, Kaapstad en Pretoria se middestad is eerste, tweede en derde gelys.
*Misdaadsyfers deur Crime Stats SA saamgestel.



