Annemarie Jacobs van Kimberley saam met mense regoor die Noord-Kaap, het ’n spenspakkie-projek te bate van droogtehulp begin.
“Na ’n videogreep van hoe boere met voertuie geduldig in die warm son staan en wag om kospakkies te ontvang en hoe groot Karoo-manne trane wegvee, glo ek ons moet uitreik. God wil hê ons moet weer na mekaar uitreik, omgee, gee en saamstaan. Boere kort reën, maar ons kort mekaar se liefde en hulp.”
“Berderfboksies is ’n groot, volgehoue projek en God is goed vir almal. Die idee wat ek het is om ’n Spenspakkie te pak,” vertel Jacobs.
“Ek het die volgende in gedagte – jy is welkom om alles op die lysie in ’n boksie te pak of net van die items te pak. Iewers gaan dit verskil maak.”
Wat jy kan inpak
- Suiker 1kg of 2,5kg
- Koffie en tee
- Poeiermelk
- Een blikkie kondensmelk
- Klein pakkie of twee muffin mix
- Cake in a Mug (dit is amper Kersfees)
- Pasta en ’n pakkie of twee pastasouse
- Lasagne Mate of
- Mince Mate
- Tuna of geblikte vis
- Blikkieskos
- Koekmeel en gis
- Kookolie
- Soppoeier of soja
- Jellie
- Lekkers en koekies
- Sakkies aanmaakkoeldrank
- Konfyt of ietsie om op broodjie te smeer
- Pap van eie keuse
- Tydskrifte ook welkom
PS 121:1
0788940707 Yanita Burger – Hopetown
0833009884 Marina van der Merwe – Britstown
0823775277 Erika – Vosburg
0848114489 Annamarie Jacobs – Kimberley vir verspreiding na ander dorpe.
Bogenoemde is skakelpersone vir afgee van jou Spenspakkies.



