LYDENBURG. – Kristen en Kayleb Myburgh, ’n vyfjarige tweeling wat op 2 November 2019 deur Jan Benjamin Myburgh (44), hulle pa, ontvoer is, is ongedeerd gevind.
Gevind
Mike Bolhuis, van Specialized Security Services (SSS), sê hulle is veilig en gesond. “Die tweeling is gisteraand omstreeks 21:30 deur die SSS-taakspan gevind. Hulle is na ’n plek van veiligheid geneem vir evaluering en verdere ondersoeke deur kinderdienste, maatskaplike werkers en Specialized Security Services.”
Grootouers
Jan Benjamin Myburgh het die tweeling op 2 November hier opgelaai om drie dae saam met hulle deur te bring. “Hy het hulle nie terugbesorg by hulle grootouers op Lydenburg nie.”
“Jan Benjamin Myburg is in hegtenis geneem en word by die polisiekantoor op Boksburg-Noord gehou.”
Publiek
Bolhuis sê hulle sal binnekort meer inligting oor hierdie saak kan gee, maar bedank die publiek opreg vir hulle hulp.



