Hospitaal op soek na pasiënt se familie

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die departement van gesondheid in die Noord-Kaap doen ’n beroep op die familie en vriende van ’n pasiënt wat op 18 September 2019 in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal opgeneem is.

Die pasiënt is Benjamin van Wyk (38. Hy is op 3 Julie 1981 gebore.

Lulu Mxekezo, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, sê die familie en vriende van Benjamin moet asseblief dringend kontak met die hospitaal maak. “Benjamin is op 18 September 2019 opgeneem in die daghospitaal en is op 19 September 2019 na die hospitaal oorgeplaas.

“Die adres wat hy aan ons verskaf het, is Ethelstraat 291 in Galeshewe. Pogings om sy gesin op te spoor, het geen positiewe uitkoms opgelewer nie.”

Indien jy familie of vriende van Benjamin is, kontak asseblief die maatskaplike werker by dié hospitaal by 053 802 2703 of na-ure by 053 802 9111.