Man in hegtenis oor 1.8 kg dagga

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ’n 34-Jarige man is gisteroggend in Kagung buite Mothibistad in hegtenis geneem vir die handel in dwelms.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê SAPD-lede van Mothibistad het inligting opgevolg en het tydens hulle soektog 1.8 kg dagga met ’n beraamde straatwaarde van R9 100 gevind.

Die verdagte sal binnekort voor die Mothibistad-landdroshof verskyn.