Zimbabwiese burger in hegtenis vir SA-paspoortbedrog

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ’n 28-Jarige Zimbabwiese burger is gister in hegtenis geneem weens beweerde bedrog.

Lede van die Valke het inligting oor ’n verdagte wat Zimbabwiese en Suid-Afrikaanse rybewyse, tydelike permitte en paspoorte vervaardig, uitreik en verkoop, opgevolg.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder vir die Valke, sê ’n undercover transaksie, met die doel om inligting te versamel, is met die verdagte gedoen. “Die verdagte is na die laaste transaksie in hegtenis geneem. Hy het verskillende bedrae, tussen R1 000 en R2 500, vir hierdie dokument gehef.”

Sy sê die verdagte sal na verwagting môre in die Mothibistad-landdroshof verskyn.