Kaapstad tweede rykste in Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die sonnige en winderige Kaapstad is as die tweede rykste stad in Afrika aangewys.

Cape Town Ect sê in ‘n berig ’n onlangse verslag het bevind Kaapstad is die duurste stad vir residensiële eiendom is en ook die tweede rykste stad in Afrika.

“Die AfrAsia Bank se Afrika-welvaartverslag vir 2019 bied ’n omvattende oorsig van die welvaartsektor in Afrika. Die verslag toon ook dat Suid-Afrika die rykste Afrika-mark is.”

Johannesburg is steeds eerste op hierdie welvaartverslag met Durban en Umhlanga wat ook in die top-vyf is.