August 4, 2021

Rommel by lughawe skep swak indruk vir besoekers

Vullis op ’n hoek by Maroelastraat.

KIMBERLEY – Hope bourommel, afval en vullis besoedel die veld by die lughawe naby die N8 by die afdraai na die militêre basis.

Vullissakke op ’n hoek in Maroelastraat en die bourommel in die veld skep ’n slegte indruk vir besoekers aan Kimberley wanneer hulle op die lughawe land. 

’n Inwoner van Kimberley, wat vir sy veiligheid anoniem wil bly, het FiND iT gister geskakel nadat hy ’n trok in die veld gesien afval stort het. Na bewering het een trok meer as vier keer elke halfuur op dié dag rommel in die veld gestrooi, sê hy.

FiND iT het in verlede week ook daaroor berig nadat ’n munisipale werker vullis daar gestort het. Lees ons vorige berig, Munisipale werker stort rommel glo onwettig.

FiND iT het ondersoek gaan instel en die volgende foto’s en video geneem.

Greenpoint lewendig met konstruksie, maar ootrek met rommel

FiND iT het die oorsprong van die bou rommel ondersoek. Die ondersoek het na Greenpoint gelei.

Die buurt is lewendig met die konstruksie van verskeie staatsgeboue, maar die het waarskynlik ’n ernstige probleem met die verwydering rommel. 

Rommel en ander vullis is regdeur die woonbuurt aangetref. Selfs nie die begraafplaas is gespaar nie.

FiND iT het navrae by die Sol Plaatje-munisipaliteit ingedien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *