Inwoner tydens kaping in been geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Inwoner van die stad is gisteraand in sy been geskiet toe twee verdagtes hom probeer kaap het. Die voorval het omstreeks 23:00 by ’n nagklub in Knightstraat plaasgevind.

Die manlike slagoffer is na bewering met ’n vuurwapen gedreig in ’n beweerde poging om hom te kaap. Twee manlike verdagtes het die slagoffer genader terwyl hy uit sy BMW X5 geklim het. Daar het ’n geskarrel uitgebreek en die slagoffer is een keer in sy linkerbeen geskiet. Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug en die slagoffer is hospitaal toe geneem vir mediese hulp.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie sê: “Die polisie versoek dat enigeiemand met inligting kapt.Basil Buys by 082 495 5404 skakel. Die ondersoek duur voort.”