Skole staan op teen nuwe seksvoorligting

Deel hierdie storie / Share this story

Laerskool Onverwacht in Kriel, Mpumalanga en Welkom Volkskool in Welkom, Vrystaat het albei op 11 November briewe aan ouers van die skole uitgestuur waarin hulle hul teenkanting teen die nuwe seksvoorligting-kurrikulum uitspreek.

Mnr. J.F van der Vyver, skoolhoof van Welkom Volkskool, sê in die brief wat aan ouers uitgestuur is: Ons wil vandag vir u die versekering gee dat ek en die skool se beheerliggaam nooit sal toelaat dat ons kinders blootgestel sal word aan enige leerprogramme van onaanvaarbare inhoud en enige eksplisiete prente van enige aard nie. Wees verseker dat ons onderwysers ons leerders sal beskerm teen enige inligting wat tot hul nadeel sal strek.

Pieter Coetser, voorsitter van die beheerliggaam van Laerskool Onverwacht, sê in die brief wat hulle aan ouers gestuur het: Die beheerliggaam van Laerskool Onverwacht wil u verseker dat hierdie toevoeging tot die kurrikulum nie by ons skool aangebied sal word nie. Volgens ons waardesisteem en Christelike beginsels is dit nie aanvaarbaar nie. Met die steun van ons ouers en onderwysers sal ons die sensitiewe saak hanteer sonder om die kurrikulum by die skool te implementeer.

Beide skole wag nog vir inligting vanaf die departement af.

Lees die volledige briewe hier: