KIMBERLEY – ’n Groep van 20 werkers is Lenmed-hospitaal toe geneem nadat drie polistireen dakpanele omstreeks 09:00 by Beefmaster in Kimdustria op hulle geval het.
Louw van Reenen, hoof uitvoerende beampte van Beefmaster, sê die voorval het by die vrieskasgedeelte van die fabriek plaasgevind.
Nooddienste is ontbied en 20 werkers is vir behandeling na die hospitaal geneem. Van Reenen sê drie van die werkers is vir waarneming opgeneem en 17 is later die middag ontslaan.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Die ondersoek duur voort, sluit Van Reenen af.






