Rommel na maand steeds nie verwyder nie

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Danie Möller (34) het ’n maand gelede die hoek by die substasie op die hoek van Waterworks- en Hulketstraat skoongemaak.

Die oop gedeelte by die substasie oorkant ’n dagsorgsentrum in Albertynshof was vir ’n geruime tyd deur rommelstrooiers misbruik.

FiND iT het vir Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, gevra of die munisipaliteit die rommel, wat moontlik ’n brandgevaar kan inhou, gaan wegry. 

Matsie het aan FiND iT bevestig dat ’n trok uitgestuur sou word om die rommel te verwyder.

Rommel nogsteeds daar

FiND iT het gisteraand foto’s geneem waar die rommel nogsteeds op dieselfde hoop lê. Niks is verwyder nie.

FiND iT het weer navraag by Sello Matsie gedoen om uit te vind of die rommel steeds verwyder gaan word.

Danie Möller, besig om skoon te maak.
Die rommel wat deur Sol Plaatje moes verwyder word
Rommel nogsteeds op dieselfde plek