KIMBERLEY. – Mac Jack, die LUR vir onderwys, gaan môreoggend ’n openbare private inisiatief, wat poog om ’n bevorderlike en veilige omgewing vir leer en onderrig te skep, bekendstel.
Hierdie geleentheid sal by Elizabeth Conradie-skool plaasvind.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, sê hulle is toegewyd tot die toekoms van ons kinders. “Ons benodig alle belanghebbendes aan boord om die gehalte van onderwys te verbeter.”



