KIMBERLEY. – Ndumiso Giyani, ’n reeksverkragter, is gister in die hooggeregshof hier op 34 verskillende aanklagte skuldig bevind.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê Giyani is op 14 aanklagte van verkragting, 12 aanklagte van roof met verswarende omstandighede, twee aanklagte van poging tot verkragting en ses aanklagte van ontvoering. skuldig bevind.
“Die beskuldigde is op altesaam 34 aanklagte skuldig bevind. Die saak is egter tot 25 en 26 November 2019 uitgestel vir die verklarings van die slagoffers, asook die vonnisoplegging.”
Giyani bly in aanhouding tot sy volgende hofdatum.



