NOORD-KAAP. – Sabata Mokae, ’n dosent by die Sol Plaatje-universiteit, het die South African Literary Award vir sy boek, Moleto Wa Manong (Fees van die aasvoëls), gewen.
Bernice Sinxeve, die LUR vir sport, kuns en kultuur, sê dit is regtig ’n merkwaardige prestasie. “As die Noord-Kaapse provinsiale regering is ons baie trots op sy prestasie. Met sy harde werk en toewyding kon hy nou die vrugte daarvan oes. Hy het ’n ware ambassadeur en rolmodel vir die aspirant en bekende skrywers in ons provinsie geword.”
Mokae het op sy Facebook-blad gesê die departement van sport, kuns en kultuur was ’n sterk steunpilaar sedert hy op hierdie skryfreis begin het.



